GraceNotes
   

   Kan goeie werke verlossing bewys

Daar is alle rede om te dink datdiegene wat in Jesus Christus as Verlossergeglo het endaaromkinders van God is, in ʼn sekere mate ʼn veranderdelewesalervaar. Party mensesalsêdathierdieveranderdeleweblykuitgoeiewerke wat bewyshulle is gered. As ditwaar is, dan is dieomgekeerdewaar: As daargeengoeiewerke is nie, dan is daargeenverlossingnie. Volgenshierdieopvattingbewys of weerlêgoeiewerke (soms “vrugte” genoem of bewys van ʼn veranderdelewe) ʼn mens se ewigeverlossing of nie.

Sommigegedeeltes word gebruik om aantevoerdatwerke ʼn mens se ewigeverlossingkanbewys of weerlê. Waarskynlik is die algemeenstegedeeltes Jakobus 2:14-26, Johannes 15:6 en Matteus 7:15-20. Jakobus skryfegteraan Christene oor die nuttigheid van hulgeloof, nie die opregtheiddaarvannie. Insgelykspaat Jesus in Johannes 15:6 oorvrugtelosegelowigesenvergelykhulle met takke wat verbrand word, met anderwoordenutteloos. Mattheus 7:15-20 waarsku teen valse profete (niegelowiges in die algemeennie) wat beoordeelkan word volgenshulbosedade of vals leer (nie ʼn afwesigheid van werke in die algemeennie).

Daar is geenSkrifgedeelte wat daaropaanspraakmaakdatwerkeverlossingkanbewysnie. Inderdaad is daarbaieprobleme met pogings om werketegebruik om redding tebewys, of die gebrekaanwerke om verlossingteweerlê.

Goeiewerkekannie-Christene karakteriseer.

Werke op sigselfkanniebewysdatenigiemand vir ewiggered is nie, want diegene wat nie in Christus geglo het niedoendikwelsgoeie dinge. Inderdaad is goeiedadewesenlik tot baienie-Christelikegodsdienste. Soms oortref die uiterlikemoraliteit van nie-Christene dié van gevestigde Christene. In Matteus 7:21-23 sienons die moontlikheid van diegene wat Christus nie ken nieengoeiewerkedoen, maar hulwerke is nutteloos in die bewys van hul redding; hulle word niegerednie.

Goeiewerkekanmoeilik wees om tedefinieer.

Hoewelons ʼn goeiewerkkandefinieer as iets wat ʼn Christen deur die Gees vir die Here doen, hoe kanonsaltydweetwanneerditwaar is? Dit is moeilik om jouselfs net ʼn enkeledagteverbeelwanneer ʼn Christen ( of nie-Christen, wat ditbetref) nieietsgoeds sou doensoos om werk toe tegaan om vir ’n gesintevoorsiennie, of die deur vir iemandsaloophou of rem sal trap vir ʼn eekhoornnie. Hoe kanonsweetwanneerhierdie dinge gedoen word deur die Gees en vir die Here, veral as ditdeurnie-Christene gedoenkan word?

Goeiewerke is relatief.

Terwyliemand se gedragbuitensporigkanlyk, kanditeintlikgrootvordering in daardiepersoon se Chistelikegroeidemonstreer. ʼn Man gly met ʼn vloekwoord wat andergelowigesverbaas, maar daardiegelowigesweetniedatvloekwoordevrylikgevloei het voorsybekeringnie. Die hoeveelheidvrugtemoetoorweeg word in die konteks van iemand se gansevroeërelewe, wat moeilik is om tedoen. Dit kanookrelatief wees tot die hoeveelheid sonde in iemand se huidigelewe. As ’n Christen byvoorbeeldegbreuk sou pleeg, kanonsdalkonsnadenke op daardie sonde fokussodatons die andergoeie dinge wat hy doenignoreer.

Goeiewerkekanpassief van aard wees.

Die vrug van verlossing is niealtyd wat onsdoennie, maar dikwels wat onsniedoennie. As ’n Christen mag jyniemeerdronk word nie of kanjyjouinhou om nie op ʼn onbedagsamemotoristeskreenie. Hierdievrug van die Gees, selfbeheersing, kandeuranderemisgekyk word omdatditpassief van aard is.

Goeiewerkekanongesiens wees.

In Matteus 6:1-6 het Jesus aansyvolgelingegesê om in die stiltete gee en bid, eerder as in die openbaar. Iemand wat nooit in ʼn groep bid niekan ʼn gebedfluisterterwylhullebestuurenniemandsalooitweetnie. Iemandanderswoondalkniekerk by nie, maar gee gereeldaan ’n Christelikewelsynsorganisasie. Dit is werke wat andereniesiennie.

Goeiewerkekanmisleidend wees.

Aangesienonsniemekaar se motiewe ken nie, kan ʼn skynbaregoeiewerk om die verkeerde rede gedoen word. Iemand gee dalk geld aan ʼn kerk om anderetebeïndruk. Iemandandersbieddalkvrywilligaan om met kerkkinderstewerk, net om te wag vir ʼn geleentheid om hulleseksueeltemisbruik. Dit is glad niegoeiewerkenie! Dit is moeilik om motieweteonderskei, selfs vir diedoener, maar God ken elkepersoon se hart (1 Kor. 4:3-5).

Goeiewerkekanstrydig wees.

Die Bybel laat die moontlikheid toe van gelowiges wat goed begin, maar wat die spoor van die Here bysterraak of in sonde verval (1 Kor. 11:30; 2 Tim. 4:10; Jak. 5:19-20). As ʼn Christen die bewyse toon van ʼn veranderdelewe, maar later die spoor bysterraak, op watter punt in hulleweondersoekonshulle om hulverlossingtebewys of teweerlê? As daardwalings in goeiewerke is, hoe lank duur die dwalingvoortvoordatiemandveroordeel word as nooit gerednie?

Gevolgtrekking

Nêrens leer die Bybel datvrugte of goeiewerkeiemand se ewigeverlossingkanbewysnie. Aangesien die vrugte van goeiewerkeniemaklikonderskei of gemeetkan word nie, kanditniebetroubarebewys van verlossing wees nie. Die subjektieweaard van die meting van ʼn mens se vrugte skep die onmoontlikheiddatjyobjektiefkanweet of iemandgered is. Die hoeveelheidvrugte wat nodig is om eenChristelike “vrugte-inspekteur” tevredetestel, saldalknie die volgende “vrugte-inspekteur” tevredestelnie. As Christene is ons in Jesus Christus geskape om goeiewerketedoen (Ef. 2:10) en word van onsverwag om goeiewerketedoen (1 Tim. 6:18; Titus 2:7, 14; Heb. 10:24), maar goeiewerke is nooit gehegaan die voorwaarde vir verlossingnie, wat geloofalleen in Christus alleen is (Rom. 4:4-5). Terwylgoeiewerkestawendebewysekan wees vir jougeloof in Christus, is ditnievoldoende om dittebewys of weerlênie. Net geloof in God se belofte van ewigelewedeur Jesus Christus waarborgenbewysons redding.


*Genadenotas is ontwerp om af te laai en te kopieer sodat dit in bediening gebruik kan word. Geen toestemming word vereis as dit onveranderd en gratis versprei word nie. As u nie ’n PDF-kyker het nie, kan u hier klik om ’n gratis weergawe af te laai.
GraceNote

Genadenotas
RSS Feed

Genadenotas is ’n bondige kwartaallikse Bybelstudie oor belangrike kwessies rakende verlossing deur genade en lewe deur genade. Dit is ontwerp om af te laai (*pdf beskikbaar) en te kopieer sodat dit in bediening gebruik kan word. Geen toestemming word vereis as dit onveranderd en gratis versprei word nie. U kan nuwe Genadenotas ontvang deur in te teken op ons gratis kwartaallikse GraceLife-nuusbrief.

Genadenotas