GraceNotes
   

   Verwarrings oor Handelinge 16:31

Simply By Grace Podcast

Omtrent 2000 jaargelede het die apostel Paulus (met symedewerker Silas) ’n beangstetronkwag se vraagbeantwoord: “Menere, wat moet ek doen om geredte word?” Hy het eenvoudiggeantwoord: “Glo in die Here Jesus Christus enjysalgered word, jyenjouhuishouding.” Sedertdien het daardieeenvoudigeantwoorddebatoor die betekenisdaarvanmeegebring. Hier is ’n paaralgemenewanbegrippe van Handelinge 16:31.

Wanbegrip #1: Dit dra ’n voldoendeevangelieboodskapoor vir enigiemand.

Is Paulus se woordegenoeg om enigiemandte red? Ja, as daardiepersoonweet in Wie hy glo, wat ditbeteken om te glo, enwaarvoor hy in Hom glo. Nee, as daardiepersoonverkeerdeinligting het oorwie Jesus is, ’n verkeerdebeskouing van wat ditbeteken om te glo, en ’n verkeerdebeskouingoorsybehoefteaanewigeverlossing. Wat Lukas vir ons in Handelingeaanteken, is ’n opsommendebeskrywing van ’n beslis langer verhaal. Paulus se woorde is die hoogtepunt van een nag van interaksie met die tronkwag. Ander weergawes in Handelingewysons wat Paulus en die eersteapostelstipiesonderrig het (byvoorbeeldHandelinge 2:23-24, 36; 3:18-20; 4:2, 10; 5:29-31; 10:39-40; 13:29-30; 17:3; 26:22-23) enonssienverderevoorbeelde in hulsendbriewe (byvoorbeeldRomeine 3-8, 1 Kor. 1:18-24; 2:1-2; 15:1-4; Gal. 3:1; Fil. 2:8-9; Kol. 2:12-14; 1 Petrus 1:3, 18-21; 3:18). Lukas rapporteerdat Paulus en Silas tenminstegebid het en gesangegesing het en die gevangenes het geluister (v. 25). Die punt is die tronkwag het beslismeergehoor as “Jesus red”. Maar aangesien die onmiddellikekonteksonsnieallesvertel wat die tronkwaggehoor het nie, suggereer die breërkonteks van Paulus se patroon van predikingdit. Die tronkwag sou waarskynlikmeergehoor het van wie Jesus is, wat Hy aan die mens se gebrekaanregverdigheidgedoen het, dat Hy weer uit die doodopgestaan het, endat Hy die ewigelewebeloof het aanenigiemand wat glo. Hy het genoeggehoor om teweetdat hy ewigeverlossingnodiggehad het. Wat die tronkwagklaarblyklikniegehoor of verstaan het nie, was wat hy moesdoen. Op die ou end was syvraagnieoor die persoon of werk van Jesus Christus nie, maar oor wat hy nou moesdoen om verlossingteverkry.

Wanbegrip #2: Dit is ’n onvoldoendevoorwaarde vir verlossing.

Vers 31 beklemtoondatdaareeneenvoudigevoorwaarde vir verlossing is. Paulus antwoord die eenvoudigevraag: “Wat moet ek doen om geredte word?” met eeneenvoudigevoorwaarde − glo . Sommigemensesaldalksê Paulus is ófniegehoorófverstaandeur die tronkwagnie, of selfsdat hy nagelaat het om die regtemanier om geredte word tedeel. Sommigemense sou sêdatberounodig is in die sin van spyten/of om wegtedraai van sonde, dat sonde belyenlaatvaarmoet word. Lukas het nieaangetekendat Paulus enigietsgesê het oorbekering van sondes nie. Lukas rapporteer net Paulus se klem op die eenvoudigevoorwaarde van geloof. Dit ismoontlikdat Lukas nie alles aangeteken het wat Paulus geantwoord het nie. Maar as Paulus berougenoem het in verhoudingtotverlossingweetons dit was nie in die sin van bekering van sondes as ’n voorwaarde nie. Paulus het soosanderskrywers van die Nuwe Testament bekeringverstaan as ’n verandering van gees of hart, ’n nuweinnerlikeoriëntasie wat duidelik apart was van die gevolglikeuiterlikegedrag (sien Genadenotas no. 22 oorberou). Die tronkwag het beslis ’n verandering van gees en hart oorietsgehad. Ander mensesaldalksêdat Paulus se gebruik van glo regtig onderwerp beteken, maar soos wat onssalsien, is dit ’n swakhantering van die teks.

Wanbegrip #3: Dit is ’n eis om jouteonderwerpaan Jesus Christus as Meester van joulewe.

Diegene wat hierdiefout leer, argumenteerdat Paulus die tronkwagaansê om te “glo in” (waarmeehullebedoelonderwerpaan) “die Here Jesus Christus” (waarmeehullebedoel Jesus as Here, of die Meester van joulewe ). Daar is baieprobleme met hierdieinterpretasie. Eerstensbeteken om te glo ( pisteuō ) nie om jouteonderwerpnie. Dit beteken om oorreed of oortuigte word datietswaarenbetroubaar is. Verder het “om te glo in” ( eis ) dieselfdebesparendedoeltreffendheid as “glo dat” of om eenvoudig God se getuienisoor Jesus te glo (byvoorbeeld Joh. 5:24; 8:24; 11:42 met 45; 14:11 met 12; 20:31; Hand. 16:34; Rom. 4:3; Titus 3:8; 1 Joh. 5:1, 5). Om te glo in beklemtoondalk die persoon van Jesus Christus, maar dit is nie ’n spesialemanier om onderdanigheidaan Hom uittedruknie. Dit lei tot ’n anderprobleem: aanvaardingdat Paulus se gebruik van “Here” ook ’n eis vir onderwerping is. Paulus het die algemenetitel “Here” ( Kyrios ) gebruik wat dikwelsidentifiseerwie Jesus is (hoewelditsomsniegebruik word nie: byvoorbeeldHandelinge 8:5, 35; 9:20; 13:38). Dit is sowel ’n titel van respek as ’n verwysingna Sy goddelikheid. Presiesdieselfde term in meervoudsvorm word in vers 30 gebruikwanneer die tronkwag Paulus en Silas aanspreek as “Menere” (meervoud kyrioi ). Wanneerditsaam met Jesus gebruik word, dui Kyrios nie net respekaannie, maar ookerkenning van Sy goddelikheid (let op v. 34, “omdathulle nou in God geglo het”). Daar is baieaspekte van goddelikheidnaas Meester (byvoorbeeld Koning, Skepper, Beskermer, Voorsienigheid, Hoë Priester), daarom is ditarbitrêr om daaropaantedringdat Paulus die tronkwagaangesê het om homteonderwerpaan Jesus Christus as Meester van sy hele lewe. As onsaandringdat die tronkwag in Jesus as Meester glo weens die titel Here , dan sou onsookmoeseis hy glo in die anderterme Jesus en Christus . Aangesien Jesus Sy menslike naam is en Christus praat van Sy

rol as die Een wat God gekies het om verlossingte bring, die Joodse Messias, dan sou onsmoesaandringdat die tronkwagook die implikasies van Jesus se menslikheiden die Joodsemessiaanseteologieverstaanenhomdaaraanonderwerp. Maar Paulus eisnieenverwagniesulketeologiesesofistikasie van ’n heidensenie-Joodsesoldaatnie. Paulus het “Here” met respekenobjektief vir Jesus se posisiegebruik, niesubjektief as ’n persoonlikeeis vir onderwerpingnie. ’n Amerikanerkanbyvoorbeeldna die Opperbevelvoerder van die Verenigde State verwys as "die President" of selfs "my President", maar homnieaanenige of elkeaspek van sygesagonderwerpnie. Die tronkwag se onderwerpingaan Jesus as sy Meester behoort ’n onmiddellikelogieseen/of emosioneleantwoordte wees op God se reddendegenade, afhangende van wat hy geweet het van Jesus se opdragteenwense vir sylewe. Die vraag wat onsmoetvra, is hoe sou ’n heidenseRomeinsesoldaatweet wat behelsonderwerpingaan Jesus as Meester van sy hele lewe, en of hy ditalleskongeleer het uitsyenkeleinteraksie met Paulus en Silas? As ’n ongelowige was hy dood in sonde, daarom was syversoek vir ewigeverlossing. Op daardieoomblik sou onsnie van homverwag om op God se gratis geskenk van genadeteantwoorddeursyleweteonderwerpnie, want hy het nogniedaardiegenadeervaarnie, en in iedergevalkangenadevolgenssypresieseaardnieverdien word deur ’n mens se onderwerpingnie.

Wanbegrip #4: Dit is ’n beloftedat ’n gelowige se hele familieookgeredsal word.

In ’n eerste-eeusepatriargalesamelewing sou respek vir mans en die hoof van die huishoudingalmal in die huis grootliksbeïnvloed. Daarom, wanneer Paulus aan die tronkwag se huishoudingpreek (wat gewoonlikuitfamilieendienaarsbestaan), glo hulleooken word gedoop. Maar net soos wat die tronkwag vir homselfmoes glo, net so moetelke lid van die huishoudingditdoen. Verlossing hang altydaf van die persoonlikeantwoord van geloof in Jesus as jouVerlosser (Joh. 3:16; 5;24; 14:6; Hand. 4:12). Een persoon se geloofwerknie vir enigeanderpersoonnie. Jesus het selfsgeleerdatgeloof in Hom soms families sal verdeel (Matt. 10:34-36). Paulus sêaan die tronkwag hy salgered word as hy glo, endiegene in syhuishoudingsalgered word as hulleook glo (dit is dieselfdebelofte vir Kornelius se huishouding in Handelinge 11:14). Dit is waarom Paulus die evangelieaanalmal in die huishoudingverkondig (v. 32). Die tronkwagonderwerphomvinnigaan die doopenverheughom dan want hy “het in God geglo met sy hele huishouding” (vv. 33-34). Elke persoon in syhuishouding het ook in die Here Jesus Christus as Verlossergegloen is daaromookgedoop.

Gevolgtrekking

Handelinge 16:31 is ’n eenvoudige stelling in ’n eenvoudigeverhaal wat geloofbeklemtoon as die enigstevoorwaarde vir verlossing, die enigste ding wat ’n persoonmoetdoen. Die doelwit van geloof is die Here Jesus Christus, die heiligeVerlosser wat God gekies het om die taak van onsverlossingtebehaaldeur Sy doodenwederopstanding. Daar is geeneis om wegtedraai van sondes of om jouteonderwerpaan Jesus as Meester van joulewenie. Dit is duidelikdatelkepersoon wat geredwil word, moet glo in hierdieJesus vir ewigeverlossing. Nadat hulle die genade van God ervaar het, saldiegene wat glo hullemoetonderwerpaan die Here se wil vir hullewe.


*Genadenotas is ontwerp om af te laai en te kopieer sodat dit in bediening gebruik kan word. Geen toestemming word vereis as dit onveranderd en gratis versprei word nie. As u nie ’n PDF-kyker het nie, kan u hier klik om ’n gratis weergawe af te laai.
GraceNote

Genadenotas
RSS Feed

Genadenotas is ’n bondige kwartaallikse Bybelstudie oor belangrike kwessies rakende verlossing deur genade en lewe deur genade. Dit is ontwerp om af te laai (*pdf beskikbaar) en te kopieer sodat dit in bediening gebruik kan word. Geen toestemming word vereis as dit onveranderd en gratis versprei word nie. U kan nuwe Genadenotas ontvang deur in te teken op ons gratis kwartaallikse GraceLife-nuusbrief.

Genadenotas