GraceNotes
   

   Waterdoop en ewige verlossing

Simply By Grace Podcast

Baie kwessies wat met waterdoopverbandhoukanbespreek word, maar die belangrikstekwessie is of ditewigeverlossingkanverkry. Moet iemand in water gedoop word om die ewigelewetehê?

Die belang van doop

Die woord doop beteken om te dip of teonderdompel. Onderdompeling pas die beste by die Bybelsebewyse (Johannes 3:23; Handelinge 8:36-39) enbeeld die geestelikeonderdompeling van die gelowige in Christus se liggaam (Rom. 6:3-4) die besteuit. Hierdiegeestelikedoop op die oomblik van geloofbeklee die gelowige met nuweenewigelewe. Waterdoop, wat enigetyd later kangebeur, beelddaardiegeesteliketransaksieuit wat die gelowige met Christus in Sy doodenheropstandingverenig. ʼn Gedooptegelowigeverklaar in die openbaardat hy ʼn nuwepersoon in Christus is en nou tot die liggaam van Christus behoort.

Die belangrikheid van doop

Jesus het opdraggegeedatdiegene wat glo, gedoopmoet word endit is dieverwagte norm vir gelowiges in die Nuwe Testament (Matt. 28:19; Hand. 2:41; 8:12; 10:47-48; 16:14-15, 31-33). Dit word nievoorgehou as ʼn opsieonderhewigaanjouvoorkeurnie, maar dit word ook nooit gegee as ʼn vereiste vir verlossingnie.

Die enigstevoorwaarde vir verlossing

Die duidelikstestellings van die Woordverklaardatewige redding deurgenade is deurgeloofalleen in Christus alleen (Joh. 3:16; 6:47; Ef. 2:8-9). Aangesiengenade ʼn gratis onverdiendegeskenkbeteken, word enigehandeling of verbintenis wat bedoel is om verlossingteverdien, noodwendiguitgesluit (Rom. 11:6). Geloof is die oortuigingdat God se beloftewaar is, daarom sluit ditookenigedaad of belofteuitomdatditeenvoudigaanvaar wat reeds beloweenbetaal is (Rom. 3:24; Ef. 2:8-9). Wanneeronssêdatonsgeloof in Christus alleen is, bedoelonsdat Christus allesgedoen het wat nodig was om onsverlossingtebehaal. Ons kanniksbyvoegnie – geenverbintenis, geendaad van gehoorsaamheid, geengoeiewerknie – om onsverlossingteverwerf. DaarommoetonsomstredeSkrifgedeeltesoor die doopverstaan in die lig van die duidelikeskriftuurlikeleringdatgeloofalleen in Christus alleen die ewigeleweverwerf.

SommigemisverstaneBybelgedeeltesoordoop

Johannes se doop. Johannes die Doper het gekom om tedoop tot skuldbesef (Matt. 3:11; Mark 1:4; Lukas 3:3). Sy doop het die Joodse volk opgeroep om hulselfvoorteberei vir die komende Messias deur tot inkeertekom van hul sondes enhulassosiasies met die afvalligeJudaïsme. Dat sydoopnie tot verlossing was nie is duidelikuitHandelinge 19:1-5, waarsydissiplelsaangesê is om in Jesus Christus te glo om die Heilige Gees teontvang.

Markus 16:15-16. Dit word betwis of die einde van Markus (16:9 enverder) in die oorspronklikeNuwe Testament was. As ʼn mensditaanvaar ter wille van die argument, gee Jesus aan die dissipelsopdrag om die evangelietepreekensê: “Hy wat glo engedoop is salgered word.” Maar hy maak dan die enigstevoorwaarde van veroordeling: “Hy wat nie glo nie” (v. 15), nie “hy wat nie glo engedoop word nie .” Doop is nie ʼn voorwaarde vir verlossing of veroordelingnie.

Johannes 3:5. Daar is ʼn paarmaniere hoe “geboreuit water en van die Gees” verstaankan word, maar as die konteks in ag geneem word, is doopbeslisnie die bestenie. Party menseverstaan water as ʼn verwysing van liggaamlikegeboorte, aangesiendit is wat Nikodemus gevra het (v. 4). Dit saldalkbeter wees om water teverstaan as ʼn verwysingna die Heilige Gees (“water, selfs die Gees” of “water, ditwilsê die Gees”) aangesiengeestelikegeboorte die fokus is van die daaropvolgendebespreking (vv. 6-8) eniets wat Nikodemus, as Israel se leraar, moesgeweet het belowe is in die Nuwe Verbond (v. 10; vergelykEseg. 36:25-27; Jes. 44:3; sienook Joh. 7:38-39; Titus 3:5).

Handelinge 2:38. Verskeieinterpretasies van hierdiemoeiliketeksontken die nodigheid van doop vir ewigeverlossing. Moontlikvoer die een wat die meestekonsekwent met die teks is aandathierdie Jode geglo het toe hulleoortuig is deur Petrus se boodskap, soos wat duidelik is uithul smart enhulvraag “Wat salonsdoen?” (2:37). Bekeringendoop was Petrus se raad. Hy het hierdienuweJoodsegelowigesdringendversoek om teidentifiseer met die Christelikegemeenskap ten eindeteontkomaan die oordeel wat oorhulsondigegeslag hang omdathulle Christus gekruisig het (v. 40). Vergiffenis van hierdie sonde (niehulewigeverlossingnie) het afgehang van die bekeringwaarophuldoopgedui het. Hul berouvolledoop was ook die voorwaarde vir die ontvangs van die Heilige Gees vir hierdie Jode in hierdieoorgangstydperk. Later het nie-Jode die Gees onmiddellikontvangvandathulle in Christus glo (Handelinge 10:43-44; 15:7-9).

Romeine 6:3-4. Dit is baieduidelik in hierdieuittrekseldat Paulus praat van die daad van Geestelikedoop, wat almal wat glo in die liggaam van Christus plaas (onderdompel). Hierdie Geestelike doop is voorspeldeur Christus (Matt. 3:11; Markus 1:8; Lukas 3:16; Joh. 1:33; Handelinge 1:5) en is wesenlik vir alle gelowiges (1 Kor. 12:13).

1 Petrus 3:21. In die lig van vers 20 wat ditsteldatNoagensyfamiliegered is deur water omdathulle in die ark was, word gelowigesfiguurlikgereddeur die water van die doop net omdathulle in die opgestane Christus is. In die kontekskanhierdiegelowiges wat deurlyding in die gesiggestaar is gered word van ʼn skuldigegewete, wat sou komdeurhulgeloofteontken, deur in die openbaar met Christus teidentifiseerdeur die doop (sien v. 16).

Gevolgtrekking

Ander argumentekanopgehaal word om tewysdatdoopnie die ewigeleweverkrynie: Paulus het nie die doop as deel van die evangelieverstaannie, en met ʼn paaruitsonderings het hy ditniedeel van sybedieninggemaaknie (1 Kor. 1:14-17). Die diefaan die kruis het ʼn plek in die paradysgekry sonder die doop (Lukas 23:40-43); Kornelius ensyhuishouding het die Heilige Gees (endaaromverlossing) voorhuldoopgekry (Handelinge 10:44-48). Maar die mees deurslaggewende argument teen die doop as ʼn voorwaarde vir verlossingkom van die aard van God se genade, wat die grondslag van ewigeverlossing is. Sy genade is altyd gratis enonverdienden word net verkrydeurgeloof in Jesus Christus.


*Genadenotas is ontwerp om af te laai en te kopieer sodat dit in bediening gebruik kan word. Geen toestemming word vereis as dit onveranderd en gratis versprei word nie. As u nie ’n PDF-kyker het nie, kan u hier klik om ’n gratis weergawe af te laai.
GraceNote

Genadenotas
RSS Feed

Genadenotas is ’n bondige kwartaallikse Bybelstudie oor belangrike kwessies rakende verlossing deur genade en lewe deur genade. Dit is ontwerp om af te laai (*pdf beskikbaar) en te kopieer sodat dit in bediening gebruik kan word. Geen toestemming word vereis as dit onveranderd en gratis versprei word nie. U kan nuwe Genadenotas ontvang deur in te teken op ons gratis kwartaallikse GraceLife-nuusbrief.

Genadenotas